
Kontak Ons
Kontak Ons
Hervormde Kerk Rustenburg Geloofsbond, R24, Rustenburg
084 208 7445
rustenburg@geloofsbond.org.za

Sluit aan by ons
Besoek ons op Sondae, of kontak ons

Lees Koersvas hier.
โJulle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as โn verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.โ
Vryheid lรช in die moontlikheid van keuse. Bybelse vryheid is die regte keuse: om vrywillig te kies waarvoor jy bestem is, naamlik om in verhouding met God te lewe. Dan kom die mens tot sy reg en ondervind hy die vreugde en skoonheid en volheid van die lewe. Kies hy egter die sonde, word sy waardigheid as mens aangetas. Die misdadiger, prostituut en alkoholis vertoon nie die ware menslikheid van die mens nie, maar juis dรญt waartoe die sonde die mens degradeer.
Die mens is aan God gebonde soos โn vis aan die water wat, as hy soos die vis โvryโ is van die water, sy vryheid en lewe onherroeplik verloor. Maar binne die water is die vis volkome vry; dit is sy skeppingselement. So is die mens in sy element as hy in die regte verhouding tot God lewe.
Augustinus, die groot kerkvader, het gesรช dat die mens se hart onrustig bly totdat hy rus vind in God. Vryheid is geen doel in sigself nie, maar die weg waarlangs die doel bereik kan word: Deo servire libertas – om God te dien, is vryheid.
Wie hierdie vryheid gevind het, wil liewer, soos Paulus, โn slaaf van Christus wees as โn slaaf van die sonde. Want die loon van Christus is die ewige lewe, maar die loon van die sonde is die dood. Vryheid beteken verantwoordelikheid. Dit is waarom baie mense dit vrees.
Om God vrywillig te gehoorsaam is die lewe – die ware lewe, vry van oorheersing deur die sonde.
Ds. Nico Steenberg (Emeritus)




